Hebreërs 6:12-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.

13. Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer

14. en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.

15. En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.

Hebreërs 6