Hebreërs 13:22-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe.

23. Julle moet weet dat die broeder Timótheüs vrygelaat is, saam met wie ek julle sal sien as hy spoedig kom.

24. Groet al julle voorgangers en al die heiliges. Die wat van Italië is, groet julle.

25. Die genade sy met julle almal! Amen.

Hebreërs 13