Hebreërs 12:27-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly.

28. Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.

29. Want onse God is ’n verterende vuur.

Hebreërs 12