Hebreërs 10:5-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ’n liggaam berei.

6. Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.

7. Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom — in die boekrol is dit van My geskrywe — om u wil te doen, o God.

Hebreërs 10