Hebreërs 10:2-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.

3. Maar in dié offers is daar jaar na jaar ’n herinnering aan die sondes;

4. want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.

5. Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ’n liggaam berei.

6. Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.

7. Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom — in die boekrol is dit van My geskrywe — om u wil te doen, o God.

8. Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie — wat volgens die wet geoffer word —

9. het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.

10. Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.

Hebreërs 10