9. U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;
10. en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
11. Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ’n kleed verslyt,
12. en soos ’n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.
13. En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete?