Handelinge 9:32-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. EN onderwyl Petrus oral rondgaan, het hy ook gekom by die heiliges wat in Lidda woon;

33. en hy het daar ’n man gevind met die naam van Enéas, wat al agt jaar bedlêend en verlam was.

34. En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.

35. En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.

Handelinge 9