Handelinge 4:35-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.

36. En Joses wie se bynaam onder die apostels Bárnabas was — wat, as dit vertaal word, beteken seun van vertroosting — ’n Leviet, van geboorte uit Ciprus,

37. het ’n stuk grond gehad en dit verkoop en die geld gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

Handelinge 4