Handelinge 3:3-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om ’n aalmoes gevra.

4. En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons.

5. En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang.

6. Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!

Handelinge 3