5. Maar hy het die dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie.
6. En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy ’n god was.
7. Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Públius was, in die omgewing van daardie plek ’n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg.
8. En die vader van Públius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.
9. En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees.