Handelinge 24:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN vyf dae daarna het die hoëpriester Ananías met die ouderlinge en ’n sekere advokaat Tertúllus afgekom en Paulus by die goewerneur aangeklaag.

2. En toe hy opgeroep is, begin Tertúllus hom beskuldig en sê:

3. Dat ’n groot vrede deur u, hoogedele Felix, ons te beurt val, en dat daar hervorminge deur u voorsorg in elke opsig en oral vir hierdie nasie tot stand kom, neem ons met alle dankbaarheid aan.

4. Maar om u nie te lank op te hou nie, versoek ek u om ons in u vriendelikheid kortliks aan te hoor.

Handelinge 24