17. En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
18. En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
19. En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
20. Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
21. En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
22. Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, ’n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet —
23. Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring;