Hábakuk 2:16-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer — drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die Here omgaan, en skande tref jou eer.

17. Want die geweld aan die Líbanon gepleeg, sal jou oordek; en die verwoesting waarmee die diere skrikgemaak is — weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.

18. Wat baat ’n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, ’n gegote beeld, wat ’n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak?

Hábakuk 2