4. En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Árarat gerus.
5. En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.
6. Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het,
7. en ’n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.
8. Daarop laat hy ’n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het.