Génesis 7:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAARNA het die Here aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag.

2. Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.

3. Ook van die voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.

4. Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.

5. En Noag het gedoen net soos die Here hom beveel het.

6. En Noag was seshonderd jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het.

7. En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom het in die ark gegaan vanweë die waters van die vloed.

8. Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip,

Génesis 7