Génesis 5:14-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. So was dan al die dae van Kenan negehonderd-en-tien jaar, en hy het gesterwe.

15. Toe Mahalálel vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.

16. En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agthonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

17. So was dan al die dae van Mahalálel agthonderd-vyf-en-negentig jaar, en hy het gesterwe.

Génesis 5