Génesis 45:8-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my ’n raadsman van Farao gemaak en ’n gebieder oor sy hele huis en ’n regeerder in die hele Egipteland.

9. Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek u seun Josef: God het my ’n gebieder oor die hele Egipteland gemaak. Kom af na my, moenie versuim nie!

10. En u kan in die land Gosen woon en naby my wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u besit.

11. En ek sal u daar onderhou, want daar sal nog vyf jaar hongersnood wees; sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort.

12. En kyk, julle oë sien dit, en die oë van my broer Benjamin, dat dit my mond is wat met julle spreek.

Génesis 45