Génesis 4:5-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.

6. En die Here sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?

7. Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.

Génesis 4