Génesis 37:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Jakob het gewoon in die land van die vreemdelingskap van sy vader, in die land Kanaän.

2. Dit is die geskiedenis van Jakob. Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers — hy was nog jonk — met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring.

3. En Israel het Josef meer liefgehad as al sy seuns; want hy was vir hom ’n seun van die ouderdom; en hy het vir hom ’n lang rok met moue gemaak.

4. Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie.

Génesis 37