Génesis 33:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. maar hy self het voor hulle uit gegaan en hom sewe maal na die aarde gebuig, totdat hy by sy broer gekom het.

4. Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween.

5. Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het.

6. En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig.

7. En Lea het ook nader gekom met haar kinders en hul neergebuig; en daarna het Josef nader gekom en Ragel en hul neergebuig.

8. Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my heer.

Génesis 33