Génesis 33:10-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos ’n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad.

11. Neem tog my begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want God het my genade bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het.

12. Daarop sê hy: Laat ons opbreek en verder trek, en ek sal langs jou trek.

Génesis 33