Génesis 32:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. JAKOB het ook verder gereis, en die engele van God het hom ontmoet.

2. Toe hy hulle sien, sê Jakob: Dit is ’n leër van God! En hy het die plek Mahanáim genoem.

3. En Jakob het boodskappers uitgestuur voor hom uit na sy broer Esau in die land Seïr, die landstreek van Edom,

4. en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet julle aan my heer, aan Esau, sê: So sê Jakob, u dienaar — ek het as vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe;

5. en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne verwerf, en my heer dit laat weet, sodat ek guns mag vind in u oë.

6. En die boodskappers het na Jakob teruggekom en gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en vierhonderd man saam met hom.

7. Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en hy het die mense wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en kamele in twee laers verdeel;

Génesis 32