Génesis 29:21-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, want my dienstyd is om, dat ek by haar kan ingaan.

22. Daarop het Laban al die manne van die plek versamel en ’n maaltyd berei.

23. Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan.

24. En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee, naamlik aan sy dogter Lea, as slavin.

25. En die anderdagmôre — daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg?

26. En Laban antwoord: Dit is hier by ons nie die gewoonte om die jongste voor die oudste weg te gee nie.

Génesis 29