Génesis 10:10-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.

11. Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag

12. en Resen, tussen Ninevé en Kalag — dit is die groot stad.

13. En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete

14. en die Patrusiete en Kasluhiete — waaruit die Filistyne voortgekom het — en Kaftoriete.

15. En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het

16. en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete

17. en die Hewiete en Arkiete en Siniete

18. en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei.

Génesis 10