Génesis 10:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet — vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.

2. Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.

3. En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat en Togárma.

4. En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete —

5. uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.

6. En die seuns van Gam was: Kus en Misráim en Put en Kanaän.

7. En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan.

Génesis 10