Galásiërs 3:24-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.

25. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ’n tugmeester nie.

26. Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

27. want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

28. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

Galásiërs 3