Galásiërs 2:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAARNA, veertien jaar later, het ek weer na Jerusalem opgegaan met Bárnabas, en Titus ook saamgeneem.

2. Maar ek het opgegaan op grond van ’n openbaring en hulle die evangelie voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en afsonderlik aan die wat in aansien was, dat ek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie.

3. Maar selfs is Titus, wat by my was, nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy ’n Griek is;

Galásiërs 2