Galásiërs 1:21-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Daarna het ek gekom in die streke van Sírië en Cilícië;

22. en ek was persoonlik onbekend by die Christelike gemeentes van Judéa;

23. hulle het net gehoor: hy wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër besig was om uit te roei.

24. En hulle het God verheerlik in my.

Galásiërs 1