7. Want ons het groot blydskap en troos oor jou liefde, omdat deur jou, broeder, die harte van die heiliges verkwik is.
8. DAAROM, al het ek baie vrymoedigheid in Christus om jou te beveel wat betaamlik is,
9. pleit ek liewer ter wille van die liefde. Ek, Paulus, as ’n ou man en nou ook ’n gevangene van Jesus Christus,
10. pleit by jou vir my kind, Onésimus, wat ek verwek het in my boeie,
11. wat vroeër vir jou nutteloos was, maar nou baie nuttig vir jou en vir my. Ek stuur hom terug;
12. maar neem jy hom, dit is my eie hart, aan.