Exodus 5:9-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie.

10. Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.

11. Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie.

12. Toe het die volk in die hele Egipteland rondgegaan om stoppels te versamel vir strooi.

13. En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.

Exodus 5