Exodus 40:5-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking van die ingang van die tabernakel ophang.

6. Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neersit.

7. En jy moet die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi.

8. En maak die voorhof rondom, en hang die bedekking aan die poort van die voorhof op.

9. Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees.

10. Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees.

11. Salf dan die waskom en sy voetstuk, en heilig dit.

12. Jy moet ook Aäron en sy seuns laat nader kom, na die ingang van die tent van samekoms toe, en jy moet hulle met water was.

13. Trek Aäron dan die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

Exodus 40