Exodus 40:36-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

36. En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte;

37. maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.

38. Want die wolk van die Here was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.

Exodus 40