Exodus 37:2-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan ’n goue krans gemaak rondom.

3. En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.

4. En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek;

5. en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra.

6. Hy het ook ’n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en ’n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.

7. Ook het hy twee gérubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.

Exodus 37