Exodus 36:16-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En hy het vyf van die tentdoeke besonders aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders.

17. En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.

18. Hy het ook vyftig koperhakies gemaak om die tent saam te voeg, sodat dit een geheel was.

19. Ook het hy vir die tent ’n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor ’n dekkleed van robbevelle.

20. Hy het ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout gemaak.

21. Die lengte van die styl was tien el, en anderhalf el die breedte van elke styl.

22. Elke styl het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die tabernakel.

23. En hy het die style vir die tabernakel gemaak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.

24. En hy het veertig silwervoetstukke onder die twintig style gemaak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.

25. Hy het ook vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style gemaak

26. met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.

Exodus 36