Exodus 30:26-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis

27. en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar

28. en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk.

29. So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig.

30. Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien.

31. En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My ’n heilige salfolie wees in julle geslagte.

32. Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.

33. Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan ’n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

34. Verder het die Here vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en gálbanum — speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,

35. en maak daar reukwerk van, ’n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.

36. En vrywe ’n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ’n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees.

Exodus 30