Exodus 29:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is,

2. en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak.

3. En sit dit in een mandjie, en bring dit aan in die mandjie saam met die bul en die twee ramme.

4. Dan moet jy Aäron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met water was.

Exodus 29