Exodus 28:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En hulle moet die goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.

6. En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk.

7. Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit saamgevoeg word.

8. En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

9. En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer:

10. ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes.

Exodus 28