35. En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die Here, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie.
36. Verder moet jy ’n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos op ’n seëlsteen uitgesny word: Heilig aan die Here.
37. En maak dit vas aan ’n pers toutjie, sodat dit aan die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.
38. So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig — al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die Here welgevalle mag vind.