Exodus 25:2-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My ’n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring.

3. En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper;

4. en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;

5. en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;

6. olie vir die kandelaar, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;

7. oniksstene en stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas.

8. Ook moet hulle vir My ’n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.

9. Volgens alles wat Ek jou laat sien — die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort — so moet julle dit maak.

Exodus 25