Exodus 15:13-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur u krag na u heilige woning gevoer.

14. Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.

15. Toe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing het die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe.

Exodus 15