7. Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie.
8. En jy moet jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat die Here aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.
9. En dit moet vir jou as ’n teken wees op jou hand en ’n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van die Here in jou mond mag wees; want deur ’n sterke hand het die Here jou uit Egipte uitgelei.
10. Daarom moet jy hierdie insetting onderhou op die daarvoor bepaalde tyd, van jaar tot jaar.
11. En as die Here jou in die land van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met ’n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee,
12. dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die Here afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê — wat manlik is, behoort aan die Here.
13. Maar elke eersteling van ’n esel moet jy met ’n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.