42. Dit is ’n nag om plegtig onderhou te word tot eer van die Here, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is dié nag van die Here om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte.
43. VERDER het die Here aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie.
44. Maar elke slaaf wat ’n man met geld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet.
45. Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie.
46. In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie.
47. Die hele vergadering van Israel moet dit hou.