Exodus 1:5-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar Josef was in Egipte.

6. En Josef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag.

7. Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.

8. Toe staan daar ’n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie.

Exodus 1