Exodus 1:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin:

2. Ruben, Símeon, Levi en Juda;

3. Íssaskar, Sébulon en Benjamin;

4. Dan en Náftali, Gad en Aser.

5. En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar Josef was in Egipte.

Exodus 1