1. EN dit is die name van die stamme. Aan die noordekant langs die weg van Hetlon na die ingang van Hamat en Hasar-Enan aan die grens van Damaskus, na die noorde toe langs Hamat — hy moet die ooste- en die westekant hê — Dan een deel.
2. En naas die gebied van Dan, van die oostekant af tot by die westekant: Aser een deel.
3. En naas die gebied van Aser, van die oostekant af tot by die westekant: Náftali, een.
4. En naas die gebied van Náftali, van die oostekant af tot by die westekant: Manasse, een.
5. En naas die gebied van Manasse, van die oostekant af tot by die westekant: Efraim, een.
6. En naas die gebied van Efraim, van die oostekant af tot by die westekant: Ruben, een.
7. En naas die gebied van Ruben, van die oostekant af tot by die westekant: Juda, een.
8. En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moet die offergawe wees wat julle moet afgee: vyf-en-twintigduisend el breed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees.
9. Die offergawe wat julle aan die Here moet afgee, moet vyf-en-twintigduisend el lank wees en tienduisend breed.
10. En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde ’n lengte van vyf-en-twintigduisend el en teen die weste ’n breedte van tienduisend en teen die ooste ’n breedte van tienduisend en teen die suide ’n lengte van vyf-en-twintigduisend; en die heiligdom van die Here moet in die middel daarvan wees.