1. TOE het hy my teruggebring na die buitenste poort van die heiligdom wat na die ooste kyk; en dit was gesluit.
2. En die Here het vir my gesê: Hierdie poort moet toegesluit bly, dit mag nie oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaan nie, omdat die Here, die God van Israel, daardeur ingegaan het; daarom moet dit gesluit bly.