Eségiël 37:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE hand van die Here was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die Here en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene.

2. En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het ’n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor.

3. Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here Here, U weet dit.

4. Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die Here!

5. So spreek die Here Here tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.

Eségiël 37