Eségiël 32:26-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Daar is Meseg-Tubal en sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat hulle skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes.

27. Maar hulle lê nie by die helde wat geval het uit die onbesnedenes, wat na die doderyk neergedaal het saam met hulle oorlogswapens en wie se swaarde onder hulle hoofde gesit is nie; wie se ongeregtighede nogtans op hulle gebeente is, omdat die skrik vir die helde in die land van die lewendes was.

28. Jy sal ook verbreek word onder die onbesnedenes, en jy sal lê by die wat deur die swaard verslaan is.

29. Daar is Edom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het.

30. Daar is die vorste van die Noorde, hulle almal, en al die Sidoniërs wat neergedaal het saam met die wat verslaan is, en beskaamd staan ondanks die skrik deur hulle verwek vanweë hulle dapperheid; en nou lê hulle onbesnede by die wat verslaan is deur die swaard, en dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.

31. Farao sal hulle sien en hom troos oor sy hele menigte; deur die swaard verslaan is Farao en sy hele leër, spreek die Here Here.

Eségiël 32