Eségiël 3:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAARNA het Hy vir my gesê: Mensekind, eet op wat jy vind; eet hierdie rol op, en gaan spreek met die huis van Israel.

2. Toe het ek my mond oopgemaak, en Hy het my dié rol laat eet

3. en vir my gesê: Mensekind, laat jou buik eet, en vul jou ingewande met hierdie rol wat Ek jou gee. En ek het dit geëet, en dit was in my mond soos heuning so soet.

4. En Hy het vir my gesê: Mensekind, kom, gaan na die huis van Israel, en spreek hulle aan met my woorde;

5. want jy is nie gestuur na ’n volk wat duister van spraak en swaar van tong is nie, maar na die huis van Israel;

Eségiël 3