Eségiël 29:6-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek die Here is, omdat hulle vir die huis van Israel ’n rietstok is —

7. as Israel jou met die hand aanvat, knak jy en skeur hulle hele skouer oop; en as hulle op jou leun, dan breek jy en laat al hulle lendene wankel.

8. Daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek bring die swaard oor jou en sal mens en dier uit jou uitroei.

Eségiël 29